Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>
Drotsky’s Cabins in die westelike pypsteel van die Okavango Delta, naby Shakawe in die noordwestelike hoek van Botswana, is een van die oorspronklike lodges in die land en baie gewild onder toeriste wat hou van hengel en/of voëlkykery.
Drotsky’s Cabins is ‘n uiters gewilde lodge in die Okavango Delta en dit is dus raadsaam om vroegtydig te bespreek.
Die lodge is ‘n familiesaak, en omdat die onderneming al vir ‘n geruime tyd bedryf word, weet die eienaars baie van die Shakawe-gebied, asook die flora en fauna in hierdie deel van die Okavango Delta in Botswana.
Benewens die toeriste, word die kroeg van Drotsky’s Cabins ook gereeld deur die plaaslike inwoners besoek. Jy kan jou dus gereed maak om fassinerende staaltjies oor die Shakawe-streek van die Okavango Delta in Botswana te hoor. Die eetplek kyk op die Okavango-rivier uit – let daarop dat maaltye vooruit bespreek moet word en betaal moet word by aankoms. Die kampterrein is agter die chalets geleë, onder reuse bome wat digte skaduwee bied.
Die papirusrietkanale en ruie plantegroei van die rivier maak Drotsky’s Cabins ‘n hengel- en voëlkykparadys. Wees op die uitkyk vir seekoeie en krokodille wat ook in die Okavango-rivier hou
Botswana se beroemde babervisloop vind tussen Augustus en Oktober elke jaar plaas en die Drotsky’s Cabins in die Okavango Delta is die ideale plek om hierdie verskynsel te beleef.
Alhoewel die sand op die pad nogal dik kan wees, kan jy wel die lodge in ‘n gewone tweewiel-aangedrewe voertuig bereik.
GPSGaste van Drotsky’s Cabins word in 10 pragtige houthuise wat op pale is gehuisves. Trouens die hele lodge met al sy kamers, restaurant en bar area is op pale geboud
Die gevolg is dat lodge pragtige uitsig oor die breë Okavango-rivier bied. Elke Chalet is volledig toegerus met alles wat jy in ’n 4 ster lodge sou verwag
Daar is slegs twee van die oorspronklike chalets oor. Hierdie chalets is effens weg van die luukse chalets en is baie geskik vir families. Die is eenvoudig, skoon en gerieflik, met ‘n sjarme van die verlede.
Die 20 Kampeerplekke is naby die ou schalets geleë langs die rivier . die reuse bome bied heeldag skaduwee. Die kampplekke is baie groot en bied dus ’n groot mate van privaatheid. Die kleedkamers is baie skoon en naby die kampplekke. Gratis elektrisiteit en hout word daagliks verskaf. Gratis wI-fi is beskikbaar by die hoofgebou en kroeg.
Visvang en voëlkyk is die hoof aktiwiteite by Drotsky Cabins.
Die visse vergader is skole van letterlik duisende, en swem dan stroom-op tussen die digte papirusriete in die rivier terwyl hulle hul sterte hard op die water klap. Hierdie lawaai verwar blykbaar die kleiner visspesies in die Okavango-rivier sodat hulle maklik gevang kan word. Die geraas en rumoer lok baie voëls en ook die gesogte tiervisse. As jy dus graag ‘n tiervis aan die lyn wil kry, kom kuier by Drotsky’s Cabins naby Shakawe in die Okavango Delta.
Drotsky’s Cabins is baie gewild vir bootvaart en bied ‘n hele aantal begeleide bote van verskeie groottes. “Lawrence of the Okavango” is een so ‘n boot en is ‘n legende op hierdie deel van die Okavango Delta naby Shakawe. Hengelgerei is op die perseel verkrygbaar.
Nabygeleë aattraksies sluit die Tsodilo Heuwels (‘n Wêrelderfenisterrein met belangrike rotskuns), die Drotsky Grotte (net met ‘n viertrekvoertuig bereikbaar) en die Mahango Wildreservaat in.